Die pad van die lewe loop lank en swaar Teen die helling van jou grootste drome uit En jy weet dat met jou grootste maat Loop jy daai hange meer gemaklik uit
En soms voel ek ietwat bedroef En soms voel ek net eenvoudig bedruk Dan's daar niks wat my so goed opskroef Soos n vriend se glimlag en n stywe druk
Sit bas en al in die wip verstrik Wie anders as n vriend gaan jou dan daaruit ruk As die dryfsand aan jou kinnebak lek Is n vriend die een wat daar is om jou uit te trek
Kwaad vir jou maat? Wat help dit dan jy's kwaad vir jou maat?
Vriend is veel meer werd as goud Want goud gaan jou nie troos As die eensaamheid haar arms om jou vou N vriend is daar as al die roem En die gelag en glinstering Verdwyn het uit die binnekring
Compositor: Johannes Christiaan Mulder (SAMRO)Editor: Chameleon Publishing Cc (SAMRO)ECAD verificado obra #8442959 em 05/Jun/2024